Residential LeasePack Afrikaans

In partnership with SSLR Incorporated

R1 150.00 / JAAR

Quick Overview

Die LeasePack bevat dokumentasie wat relevant is vir eiendomsagente en eiendom bestuurders wat residensiële eiendomme verhuur wat deur individue of maatskappye besit word. Eienaars wat hul eie eiendomme bestuur kan van die TPN Residensiële LeasePack gebruik maak om te verseker dat hulle aan al die nuutse wetlike vereistes voldoen.

Dit is 'n jaarlikse inskrywing wat in die 13de maand hernu word en vanaf die datum van hernuwing as 'n maandelikse fooi gehef word.

Die LeasePack is beskikbaar in Word en skryfbare PDF weergawes.


Residensiële LeasePack is noodsaaklik vir enige agent of verhuurder wat aktief is in die residensiële verhuringsmark. Dit bevat 'n verskeidenheid dokumente wat op 'n tweemaandelikse basis deur TPN se paneel van prokureurs opgestel en op datum gehou word. Of jy nou 'n Aansoekvorm of 'n Kennisgewing om te Ontruim benodig verskaf die pakket duidelike en kernagtige regsdokumente vir elke moontlike situasie. Dit sluit residensiële huurooreenkomste in vir 'n individu (natuurlike persoon) en 'n maatskappy (regspersoon) asook drie meer spesifieke kontrakte wat gebruik kan word vir ‘n vakansie, student of maand tot maand Huurooreenkoms. Deur die huurooreenkomste, mandate en addisionele dokumentasie (wat 'n Akte van Borgstelling en Skulderkenning insluit) te gebruik, kan jy seker wees dat jou dokumentasie ooreenstem met die Wet op Huurbehuising, die Wet op Verbruikersbeskerming en al die nuutste verwikkelinge in wetgewing wat op die verhuringsmark van toepassing is.

Kliek hier vir gebruiksvoorwaardes.
https://leasepack.tpn.co.za/Guest/listro.aspx?type=4&sid=1

SSLR Inc. focuses on Property Litigation, both residential and commercial property disputes including arrear rental collection and evictions. As well as Conveyancing and a Commercial Department which includes drafting Joint Venture agreements, advice on Construction Contracts, drafting of complex Lease Agreements and advising on financing transactions. See more.